Sjokolade-pasteitjies
- Deur Huisgenoot Digitaal.
- Feb 25, 2016
- 1 min read

Hierdie resep het Elsje Lubbe van Vanderbijlpark met ons gedeel.
Lewer sowat 16 pasteitjies Bereiding: 15 minute Gaarmaaktyd: 10-15 minute
500 g skilferkorsdeeg, ontdooi 200 g neutsjokolade, in blokkies gebreek geklitste eier kaneelsuiker
Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n bakplaat. Rol die deeg effens dunner uit. Druk sirkels uit van sowat 5 cm in deursnee. Plaas die helfte van die sirkels op ’n oppervlak, plaas ’n stukkie sjokolade op elkeen en verf geklitste eier om die kante. Plaas nog ’n sirkel bo-op. Druk die kante vas met ’n vurk, verf die deeg met die geklitste eier en sprinkel kaneelsuiker oor. Bak 10-15 minute of tot die deeg gaar is en uitgepof het. Sit warm of louwarm voor.
Comentários