top of page

Spinasie-en-spekrolletjies

  • Idees Tydskrif.
  • Feb 25, 2016
  • 1 min read

Genoeg vir: 4 Bereidingstyd: 20 minute Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 200 °C

• 600 g spinasie • 250 g strepiespek, gekap • 1 middelslag-ui, fyn opgekap • 125 g growwe maaskaas • 125 g feta • 60 ml gekapte vars pietersielie • 3 groot eiers • 2 rolle skilferdeeg • slaai en tamatiesous om voor te sit

1 Kook die spinasie vir twee minute tot verlep. Dreineer goed en druk die orige water uit. Sny die spinasie op en sit in ’n bak.

2 Braai die spek tot net gaar. Skep uit, maar los die vet in die pan. Voeg die ui by en soteer tot sag. Roer die ui by die spek. Voeg die twee soorte kaas en pietersielie by. Klop twee eiers en roer by die mengsel. Geur na smaak.

3 Rol die deeg uit en sny elke rol in drie reghoeke. Skep vulsel in die middel van elke reghoek af. Klop die orige eier en verf om die kante van die deeg. Vou die deeg oor die vulsel om ’n rolletjie te vorm en druk vas om te seël. Pak op gesmeerde bakplate en verf eier bo-oor. bak in die verhitte oond vir 20 minute of tot goudbruin. Sit voor met slaai en tamatiesous.

Commentaires


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page