top of page

Tuisgemaakte klam jammerlappies - wet wipes

  • Corne Liebenberg
  • Feb 26, 2016
  • 2 min read

Nie net is dit heelwat goedkoper om jou eie jammerlappies te maak nie, maar dit is ook baie gesonder, want die wat ons in die winkels te koop kry is vol chemiese stowwe en kan so maklike uitslag veroorsaak op sensitiewe velletjies. As baba was my seuntjie baie sensitief vir die gekoopte produkte en ek was genoodsaak om 'n plan te maak. Na beraadslaging met Dr. Chris Pitzer, is my oorspronklike resep aangepas om dit nog beter te maak.

Jy benodig:

1 rol goeie kwaliteit handdoekpapier - sny met 'n skerp mes in die helfte

'n houer waarin die rol gemaklik sal pas met 'n deksel

2 eetlepels fyngerasperde seep. (Ek het boerseep gebruik, maar Dr. Chris beveel aan dat ons glycerine seep met 'n colloidal silver basis gebruik - beskikbaar by Askari)

1 liter sterk rooibostee

4 takkies roosmaryn (trek saam met die tee)

100ml colloidal silver

Metode:

Trek die rooibostee en roosmaryn saam tot dit 'n sterk tee is.

Meng die fyn gerasperde seep by en roer tot dit heeltemal opgelos is.

Voeg die colloidal by.

Plaas die halwe handoekpapier rol in die houer en verwyder die kartonnetjie in die middel.

Gooi die vloeistof oor die handoekpapier en maak seker dat dit goed absorbeer.

Plaas die deksel op en draai die houer om sodat die vloeistof deur die rol papier trek.

Indien verkies, maak 'n oorkruis keep in die deksel van die houer om die velletjies deur te trek.

Alternatiewe:

Gebruik dieselfde mengsel en gooi dit oor 'nappy liners' - gebruik wanneer doeke geruil word of in die motor.

Gebruik absorberende kombuisvadoekies om die wasbare 'wipes' te maak.

Gebruik 'n ou T-hemp in blokke gesny en omgekap om jammerlappies te maak.

Foto geleen

Comentarios


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page