Tuna-samoesas
- Deur Huisgenoot Digitaal
- Feb 25, 2016
- 1 min read

2 blikkies tuna (187 g elk), gedreineer 100 g kropslaai, fyn gekap 12 ontpitte olywe, gekap 200 g fetakaas, gekrummel swartpeper ’n rol filodeeg 45 ml (3 e) botter, gesmelt
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Meng die tuna, slaai, olywe en feta en geur met peper. Sny die deeg in lang repe. Verf 2 repe met botter en plak op mekaar. Plaas ’n skeppie vulsel op die onderste punt, vou die punt oor en vou verder in ’n samoesa. Seël met botter. Herhaal tot die deeg en vulsel op is. Pak op ’n bakplaat en verkoel 10 minute. Bak die samoesas15 minute tot die filodeeg bros is. Sit voor met Griekse jogurt.
Comments