Weelderige aartappelhappies
- Rooi Rose.
- Feb 26, 2016
- 1 min read

Genoeg vir sowat 30 happies
1 kg (1 sakkie) baba-aartappels 30 ml (2 e) olyfolie 230 g (1 houertjie) crème fraîche ’n hand vol grasuie, gekap 50 g (1 houertjie) kaviaar (opsioneel, dit hang af van jou begroting)
Voorverhit die oond tot 220 °C. 1 Sit die aartappels op ’n bakplaat en sprinkel olyfolie oor. Skud die pan sodat al die aartappels met olyfolie bedek is. 2 Bak tot ligbruin en die skille begin bros word. Haal uit en laat effens afkoel. 3 Meng die crème fraîche en grasuie. Maak ’n snytjie in die aartappel en skep van die crème fraîche en die kaviaar in elk van die aartappels en sit voor.
Comentarios