top of page

Grenadella Crème Brûlée

  • Nigella
  • Feb 26, 2016
  • 1 min read

Genoeg vir: 10–12 Bereidingstyd: 25 minute Gaarmaaktyd: 1 uur en 10 minute Oondtemperatuur: 160 °C • 1 vanieljepeul • 1 liter room • 6 groot ryp grenadellas • 10 ekstragroot eiergele • 140 g strooisuiker • ekstra suiker vir die kraaglagie 1. Sny die vanieljepeul in die lengte oop en skraap die saadjies uit. 2. Gooi die saadjies en die res van die peul saam met die room in ’n kastrolletjie en verhit dit tot die stoom daaruit trek, maar die room nog nie kook nie. 3. Verwyder die kastrol van die hitte en laat staan om te trek tot dit afgekoel het. 4. Sny die grenadellas oop en skep die pulp uit. Werk dit deur ’n siffie om al die saadjies te verwyder. 5. Voorverhit die oond (180 C). 6. Klits die eiergele en suiker saam tot lig. 7. Giet die room deur ’n sif en klits dit in ’n dun straaltjie by die eiermengsel, gevolg deur die grenadellasap. 8. Skink die vla in 10 tot 12 x 130 ml-bakkies of -koppies in ’n diep oondpan. 9. Vul die pan met kookwater tot die bakkies halflyf in die water staan en bak dit vir 1 uur of tot dit net begin stol. 10. Sit oornag in die yskas. Om voor te sit Sprinkel ’n lagie suiker oor elke nagereggie en brûlèe dit met ’n blaasvlam of onder ’n voorverhitte roosterelement. Heerlik! **Min poedings is so verleidelik lekker as ’n crème brûlée

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page