Hoender Bobotie
- Johan Smith
- Feb 27, 2016
- 1 min read

Bestandele: 1 Gaar hoender skoon gemaak. 1-2 Soet of groen rissies 1 koppie Mayonnaise 1 Koppie Appelkooskonfyt (glad) 2 Pakkies Hoender sop (roomerig) 350ml Vol room Melk 1 opgekapte ui (groot) 2 Groot eetlepels Kerrie poeier 5 Eiers Sout en wit peper (1 teelepel van elk) 30ml Room
Metode: 1. Braai die uie en rissies in botter tot medium gaar, voeg dan die Kerrie by met ‘n bietjie water. 2. Meng die mayonnaise, appelkooskonfyt, en hoendersop tot dit ‘n ferm mengsel maak. 3. Meng die uie en mayonnaise mengsel goed met die hoender. 4. Plaas die mengsel in ‘n oondbak. 5. Verhit die oond na 180°C 6. Meng die eiers, pepper, sout, room en melk saam en skink oor die hoender mengsel. 7. Bak in die oond vir ongeveer 45minute tot ‘goud bruin’. 8. Bedien en geniet!
Comments