Kerrie Sosaties
- Boerekos
- Feb 26, 2016
- 1 min read

1.5kg Lamsboud/of steak/of hoenderborsies – met velletjie – in blokkies gesny (so 3 by 3cm groot) Varkspek – dun skyfies (1mm), in dieselfde grootte blokkies gesny Meng bogenoemde vleis en spek met die volgende: 5ml Roosmaryn, fyngekap 2 Knoffelhuisies, fyngekerf 4 Gekneusde Suurlemoenblare 10ml Sout 2.5ml Fyn Gemmer 5ml Grofgemaalde Swartpeper 10ml Heel Koljander, fyngemaal Gerasperde skil van 1 suurlemoen 125ml Melk **Sit vleismengsel in ‘n bak of skottel en laat staan oornag.♫ Marinade: 3 Uie, in skywe gesny 125ml Bruin Asyn 125ml Water 100ml Suiker 5ml Sout 45ml Appelkooskonfyt 45ml Blatjan van jou keuse (appelkoos heerlik) 15ml Matige Kerriepoeier 5ml Borrie 1. Meng bestanddele en kook vir 5 minute. 2. Laat afkoel en gooi sous oor vleismengsel. 3. Marineer vir minstens 8 ure. 4. Roer af en toe. 5. Laat lê sosatiestokkies in water. 6. Ryg nou stukkies vleis, spek en rou ui om die beurt op die stokkie. 7. Nou is dit gereed vir braai. **Drup van die marinade oor terwyl jy braai
Comments