top of page

Lekker Bees Kerrie Sosaties

  • Ma se Kombuis
  • Feb 26, 2016
  • 1 min read

sowat 1,2 kg Beesvleis - in groot blokke gesny (kan ook springbokboud gebruik) 400 g gerookte spek - in blokke gesny 500 g pekeluitjies - gehalveer as hulle taamlik groot is 200 g droë appelkose 100 ml sonneblomolie 2 groot uie - gehalveer en in skywe gesny 15 ml matige kerriepoeier 1 ml borrie 500 ml bruinasyn 30 ml fyn appelkooskonfyt 2 lourierblare 10 ml sout varsgemaalde swartpeper METODE: 1. Plaas vleisblokkies, spek, pekeluitjies en appelkose in 'n groot bak. 2. Verhit olie in 'n pan en braai uieskywe tot sag en deurskynend. 3. Voeg kerriepoeier en borrie by en braai vir sowat 1 minuut. 4. Voeg asyn, konfyt, lourierblare, sout en swartpeper by. 5. Laat die sous vir 10 minute oor lae hitte prut. 6. Haal van hitte af en laat afkoel. 7. Gooi oor vleis, uitjies en appelkose. 8. Maak die bak toe met kleefplastiek en laat oornag in die yskas marineer. 9. Jy kan dit vir so 2 - 3 dae marineer, maar oornag is goed genoeg. 10. Jy kan metaal of hout sosatiestokkies gebruik. As jy houtstokkies gebruik, laat hulle eers oornag in water lê. Dit keer dat hulle brand. 11. Ryg nou jou sosaties - eers 'n stukkie bees/springbok, dan spek, dan 'n appelkoos en dan 'n pekelui, herhaal. 12. Plaas die sosaties terug in die marinade totdat jy gereed is om hulle te braai. **Wanneer jy jou sosaties oor lekker warm kole braai, smeer elke keer met die omdraaislag 'n bietjie van die marinade oor

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page