Maalvleisslaai
- Deur Huisgenoot Digitaal
- Feb 27, 2016
- 1 min read

’n Vinnige, ligte en heilsame maaltyd.
Genoeg vir 4 mense Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 15 min.
30 ml (2 e) olie 2 uie, gekap 350 g volstruismaalvleis 15 ml (1 e) fyn komyn 5 ml (1 t) fyn kaneel 10 ml (2 t) borrie 500 ml (2 k) groenteaftreksel
Koeskoes 280 g koeskoes skil van 2 suurlemoene ’n hand vol vars kruisement, gekap 50 g ongesoute kasjoeneute, gerooster 2 perskes, in skywe gesny
Verhit die olie in ’n groot pan, voeg die uie by en braai 5 min. liggies tot sag. Roer die maalvleis en speserye in en voeg dan die aftreksel by. Bring tot kookpunt en verminder dan die hitte en laat 10 min. prut. Koeskoes: Berei die koeskoes volgens die aanwysings op die verpakking. Roer die suurlemoenskil en kruisement deur. Geur na smaak. Skep die koeskoes in borde, stapel die maalvleismengsel bo-op en strooi die kasjoeneute en perskes oor.
Commenti