Maalvleistoebroodjie
- Deur Hope Malau, Foto: Megan Miller
- Feb 27, 2016
- 1 min read

Hierdie maalvleistoebroodjie met tamatiesous word soos ’n burger voorgesit.
Genoeg vir 4 mense Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 20 min.
15 ml (1 e) olie 10 g botter 1 ui, gekap 1 rooi soetrissie, gekap 2 knoffelhuisies, fyn gemaal 2 groen brandrissies, gekap 500 g beesmaalvleis 80 ml (¼ k) water 250 ml (1 k) tamatiesous ’n paar druppels tabascosous 30 ml (2 e) worcestersous 15 ml (1 e) Dijonmosterd 15 ml (1 e) asyn 15 ml (1 e) bruinsuiker sout en peper 8 snye brood kaas
Verhit die olie en botter in ’n pan oor matige hitte. Voeg die ui en rooi soetrissie by en braai 5 min. of tot sag. Voeg die knoffel en brandrissies by en braai nog ’n minuut terwyl jy gereeld roer. Voeg dan die maalvleis by en kook sowat 10 min. Roer die water, tamatie-, tabasco- en worcestersous, mosterd, asyn, bruinsuiker en geurmiddels in. Bring tot prutpunt. Rooster die brood en smelt die kaas daaroor. Bedek 4 snye met maalvleismengsel en bedek met die oorblywende snye.
Comentários