top of page

Mielie-en-pampoenkoekies met ’n soetrissie-salsa

  • Writer: The Rainbow Team
    The Rainbow Team
  • Feb 26, 2016
  • 2 min read

Genoeg vir: 6-8 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute • 2 vars mielies • 75ml sonneblomolie • 1 bossie sprietuie, gesnipper • 1 rooi brandrissie, ontpit en gekap (opsioneel) • 2,5ml rooipeper • 2,5ml fyn wonderpeper • sap van 1 suurlemoen • 250g feta • 300g pampoen, in die oond sag gebak • 2 groot eiers, geskei • 120ml melk • 70g (100ml) koekmeel • 2,5ml bakpoeier • 50g (125ml) gruye`re-kaas, gerasper • 15g (1/2 pakkie) vars koljander-blare, gekap • sonneblomolie vir diepvetbraai 1 Sny die mieliepitte van die stronke af. Verhit die sonneblomolie in ’n groot pan en soteer die mielies saam met die sprietuie en brandrissie (as jy dit gebruik) tot sag en effens verkleur. Gooi die ander speserye by en braai vir nog twee tot drie minute voordat jy dit van die plaat afhaal. Laat afkoel en gooi dan die suurlemoensap by. 2 Meng die res van die bestanddele (behalwe die eierwitte en sonneblomolie) en geur na smaak. Voeg die afgekoelde mieliemengsel by die beslag. 3 Klits die eierwitte in ’n aparte mengbak saam met ’n knippie sout totdat dit stywe punte maak. Vou dit versigtig in die beslag. 4 Verhit ’n dun lagie olie oor medium hitte in ’n groot pan en braai eetlepels vol van die beslag daarin. Druk dit met die agterkant van ’n lepel platter. Braai vir omtrent vier minute aan elke kant o´f tot goudbruin en deurgaar. 5 Garneer die poffertjies met vars kruie en sit dit warm of by kamertemperatuur voor met salsa (resep hieronder). Jy kan ook nog feta en ’n bietjie paprika bo-oor sprinkel. Rooisoetrissie-salsa Verhit 15 ml sonneblomolie in ’n kastrol en soteer ’n halwe gekapte ui en drie gesnipperde sprietuie tot sag. Voeg 5ml wonderpeper, 2,5ml fyn kaneel, een fyngedrukte knoffelhuisie, een gekapte groen brandrissie en 30 g (30 ml) gekapte vars gemmer by en braai vir nog ’n minuut. Voeg 40ml bruinsuiker, een gekapte rooi soetrissie, twee gekapte ryp pruimtamaties en 75ml witwynasyn by. Laat vir 20 tot 25 minute prut, geur na smaak en laat afkoel. As jy nie tyd het om die salsa te maak nie, kan jy klaargemaakte tamatie-en-soetrissiesalsa koop.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page