Mieliekoekies
- The Rainbow Team
- Feb 26, 2016
- 1 min read

(2 porsies, so 3 koekies per persoon) 100 g meel 5 ml bakpoeier 1 ml sout 1 eier, geklits 150 ml laevet melk 1 blik pitmielies, gedreineer 3 sprietuie, gesny Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Klits die eier en melk saam en voeg by die droë bestanddele. Klits goed om klonte te verhinder. Voeg die mielies en sprietuie by en meng goed. Verhit ’n kleefvrye pan en spuit goed met nie-kleefmiddel . Die beslag is effens loperig – gebruik dus ’n metaalkoekiedru kker in die pan om die koekies rond te hou. Spuit die koekiedrukker ook met die nie-kleefmiddel en plaas in die warm pan. Skep ’n groot lepelvol van die mengsel in die middel van die uitdrukker. Laat staan tot effens gestol en lig dan die uitdrukker af. Braai die koekie tot jy dit kan omdraai en braai dan aan die ander kant tot gaar. Hou warm en herhaal met die res van die mengsel. Sit voor saam met tamatie-rissiekonfyt.
Comments