Plaatkoekies
- Poplap se Lekkerbek resepte
- Feb 26, 2016
- 1 min read

Wenk: Stapel die plaatkoekies op mekaar met heuning, stroop, konfyt of gerasperde kaas tussenin en sit dit vuurwarm voor. Lewer 6 groot plaatkoekies Bestanddele: 180 g (300 ml) bruismeel 40 g (75 ml) volroommelkpoeier 15 ml bakpoeier 2 ml sout 15 ml suiker 1 eier 250 ml water 15 g (15 ml) botter of margarien, gesmelt Metode: 1. Sif die bruismeel, melkpoeier, bakpoeier, sout en suiker saam. 2. Klits die eier effens en meng met die water en botter of margarien. 3. Voeg die vloeistof by die meelmengsel en klop dit tot glad. 4. Smeer ‘n braaipan en verhit dit oor matige hitte (die braaipan moenie te warm word nie, want dan gaan die plaatkoekies te gou verbruin en nie deurbak nie). 5. Giet sowat 100 ml van die beslag in die pan en bak tot borrelrig bo en goudbruin onder (halveer die hoeveelheid beslag as jy 12 kleiner plaatkoekies wil bak). Keer dit met ‘n eierspaan om en bak die ander kant ook tot goudbruin.
Comments