Polonie-en-suikermielie-koekies
- Poplap se Lekkerbek resepte
- Feb 26, 2016
- 1 min read

Bestanddele 250 ml koekmeelblom 2 ml bakpoeier 1 ml sout 1 eier, geklits 1 blik pitmielies, gedreineer 4 dik snye polonie, in blokkies gesny 2 tamaties, ontvel en in blokkies gesny 15 ml gekapte vars pietersielie sout en vars gemaalde swartpeper olie vir vlakbraai Metode Sif die koekmeelblom en sout in mengbak. Meng die eier en die res van die bestanddele en voeg by die meel. Meng en geur mildelik met sout en peper. Laat dit vir 10 minute lank staan. Verhit ‘n klein bietjie olie in ‘n pan en skep eetlepels van die mengsel daarin. Braai tot goudbruin aan beide kante en tot gaan binne.
Comentarios