Sampioen en Ham Quiche
- Herman Lensing
- Feb 26, 2016
- 1 min read

6 porsies
Kors
125 ml koekmeel (of glutenvrye meel) 190 ml hawermout 20 g parmesaankaas, gerasper 2 ml sout 45 g sagte laevet-margarien 45 ml koue karringmelk Vla
375 ml warm vetvrye melk 45 ml koekmeel (of glutenvrye meel) 3 eiers 2 eierwitte 1 ml fyn witpeper 2,5 ml sout 15 ml vars tiemie, gekap (of 5 ml gedroogde tiemie) Vulsel
20 ml olyfolie 1 ui, gekap 450 g gemengde sampioene, gesny (knopie-, oester-, shitake-, portabellini of bruin sampioene) 100 g maer ham, gesny sout en peper na smaak 5 ml heelkorrelmosterd 75 g gruyère-kaas, gerasper 25 g parmesaankaas, gerasper
Kors Plaas meel, hawermout, parmesaan en sout in ’n voedselverwerker en meng tot fyn. Voeg margarien by en pols tot mengsel soos growwe broodkrummels lyk. Voeg karringmelk by en pols tot ’n sagte deeg. Plaas in yskas vir 15 minute. Spuit ‘n vlak 30 cm-quiche-pan goed met kleefwerende kossproei en druk die deeg egalig daarin uit. Verkoel vir 10 minute.
Vla Klits al die bestanddele saam en laat eenkant staan tot benodig.
Vulsel Braai uie in olie tot ligbruin. Voeg die sampioene by en braai tot gaar. Voeg ham by. Verwyder van hitte en geur met mosterd, sout en peper. Laat afkoel. Skep afgekoelde sampioenmengsel in bereide tertkors. Strooi gruyère oor en plaas quiche-pan in oond. Gooi die vla versigtig in die oond oor die quiche (indien die vla buite die oond ingegooi word, kan die vla uitloop wanneer jy die pan beweeg). Bak vir 30 minute, tot quiche ligbruin en gestol is. Haal uit oond, sprinkel parmesaankaas oor en plaas terug in oond tot die kaas gesmelt is.
Comments