Spek-en-kaas-koekies
- Bak en Brou
- Feb 26, 2016
- 1 min read

Genoeg vir: 4 Bereidingstyd: 20 minute Gaarmaaktyd: 10 minute Bestanddele: sonneblom- of kanola-olie 1 ui, fyngekap 250 g spek, fyngekap 200 ml koekmeel, gesif 5 ml bakpoeier 2 eiers, liggies geklits 45 ml melk 250 ml fyngerasperde cheddar 30 ml fyngekapte pietersielie aartappelwiggies, om voor te sit slaai, om voor te sit Metode: 1. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en soteer die ui tot dit sag is. Voeg die spek by en braai dit vir ’n paar minute tot dit gaar is. Laat dit eenkant afkoel. 2. Meng die meel en bakpoeier, geur dit met sout en peper en maak ’n holte in die middel. Gooi die eiers en melk in die holte en roer dit kante toe tot die droë bestanddele net-net ingemeng is. 3. Voeg die kaas, pietersielie en spekmengsel by en meng dit net in. Verhit nog ’n bietjie olie. Braai lepels vol van die beslag vir ’n minuut aan ’n kant oor matige hitte gaar. Sit dit voor met aartappelwiggie s en ’n slaai.
Commentaires