Spinasie & Feta Pannekoek Pakkies
- The Rainbow Team
- Feb 26, 2016
- 1 min read

Vir die pannekoek:
3 x 250ml Koekmeel 3 Groot eiers 175ml Olie 25ml Asyn 3ml Sout 15ml Bakpoeier 4 x 250ml Water
Metode: 1. Klits eiers en water baie goed. 2. Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer goed. 3. Gooi Koekmeel by en klits. 4. Gooi Bakpoeier heel laaste by en klits vir 1min.
5. Bak die pannekoek en bere in 'n bak met 'n deksel.
Vir die vulsel:
1 ui - fyn gekerf
1 bossie spinasie - gewas en opgekef
100g botter
75ml Koekmeel
1 koppie room
200g feta
Metode:
1. Soteer die ui in 'n bietjie botter tot glasig, skep uit en hou een kant.
2. Soteer die spinasie tot gaar en sag, skep uit en hou een kant.
3. Voeg die res van die botter in die pot en smelt.
4. Voeg die koekmeel by en braai tot dit begin verkleur.
5. Voeg die room by en roer goed deur om klonte te voorkom.
6. Voeg die uie en spinasie terug en prut liggies vir 2 minute.
7. Krummel die feta en roer deur.
8. Proe en pas die sout aan.
9. Geur met swartpeper.
Maak die pannekoekpakkies:
1. Sit 'n pannekoek op 'n opdien bord.
2. Skep 'n eetlepelvol vulsel in die middel van die pannekoek.
3. Bind die pannekoek vas soos 'n sakkie met 'n repie sprietui.
Kommentare