Suurlemoen Meringue Pannekoek
- The Rainbow Team
- Feb 27, 2016
- 1 min read

Vir die pannekoek:
3 x 250ml Koekmeel 3 Groot eiers 175ml Olie 25ml Asyn 3ml Sout 15ml Bakpoeier 4 x 250ml Water Metode: 1. Klits eiers en water baie goed. 2. Gooi kookolie, asyn en sout by en klits weer goed. 3. Gooi Koekmeel by en klits. 4. Gooi Bakpoeier heel laaste by en klits vir 1min. 5. Strooi mildelik met kaneelsuiker. 6. Rol die pannekoek op en sny in 2cm wieletjies. 7. Ryg die rolletjies op 'n stokkie
Vir die vulsel:
1 blik kondensmelk 125ml suurlemoensap 2 eiergeel dooiers
1. Gooi kondensmelk in bak en gooi suurlemoensap gelydelik by terwyl gedurig klits – tot lekker stywe pasta 2. Klits eiergele tot lig en sponsagtig 3. Meng alles
4. Mikrogolf op hoog vir 3 minute
Vir die meringue rosette:
50ml strooisuiker
2 eierwitte
1. Klits eierwitte met strooisuiker bietjies gewys by tot lekker sponsig en punte vorm.
2. Spuit met 'n spuitsak rosette op perkamentpapier op 'n bakplaat
3. Plaas in 'n voorverhitte oond tot goudbruin
Opdiening:
1. Vul die pannekoek met vulsel
2. Rol liggies op
3. Plaas 3 meringue rosette op die pannekoek
4. Garneer met suurlemoen zest
5. Bedien met ekstra geklonte room (clotted cream)
Comments