Toeka se Bolle - Paasbolletjies
- Marianne Jacoby
- Feb 26, 2016
- 1 min read

Porsies: 80
Bestanddele: 100g fyn speserye 50g fyn gemmer 50g fyn kaneel 2½kg koekmeel 500g bruismeel 2 pakkies droë gis ½ teelepel sout 1 koppie suiker 500g pitlose rosyne 500g margarien of botter, gesmelt 1 koppie olie 1 liter water
Metode: 1. Meng die droë bestanddele goed saam in 'n mengbak. 2. Meng die botter, olie en water saam en voeg dit by die droë bestanddele. 3. Knie totdat die bak skoon is. 4. Laat staan vir 30 minute totdat dit lekker gerys het. 5. Maak 'n lang rol van die deeg en sny dit in 2½ cm stukkies. 6. Maak 'n bolletjie van elke stukkie en plaas dit styf langs mekaar in 'n gesmeerde oondpan.
Die Kruisie: Meng gelyke hoeveelhede water, meel en olie - die tekstuur moet lymerig wees. Plaas dit in 'n versierbuisie en maak 'n kruis op elke bolletjie. Bak teen 200 grade vir 30 minute. Haal uit, en terwyl dit warm is, smeer dit met appelkooskonfyt wat gemeng is met bietjie warm water. Dit vries goed.
Commentaires