Boerewors-cheezo’s
- The Rainbow Team
- Feb 28, 2016
- 1 min read

LEWER 6 BROODJIES Bereiding: 15 min. Gaarmaaktyd: 15-20 min.
KAASSOUS 125 g spekvleis, gekap 1 ui, gekap 230 g knopiesampioene, in dun skyfies gesny 500 ml (2 k) gerasperde cheddarkaas 250 ml (1 k) mayonnaise van ’n goeie gehalte
WORSROL 600 g dun boerewors 3 broodrolletjies, heeltemal oopgesny
Voorverhit die roosterelement van die oond.
Kaassous Braai die spek, ui en sampioene in ’n pan tot gaar. Verwyder van die hitte en meng die kaas en mayonnaise by. Worsrol Draai die boerewors in 6 spirale en steek elke spiraal met ’n sosatiestok vas. Plaas op ’n bakplaat en rooster tot gaar. Pak die broodjies met die sagte kant na bo op die bakplaat, plaas ’n rolletjie wors op elkeen en skep van die kaassous oor. Plaas onder die roosterelement tot die kaas net gesmelt is.
Comments