GROENTE EN KAAS GEBAK - VEGETARIES
- Liewe Heksie Se Kombuis Resepte
- Feb 27, 2016
- 1 min read

Dis vining, dis maklik en die meeste van die bestanddele het jy reeds in jou koskas.
Genoeg vir: 4 Bereidingstyd: 15 minute Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 200 °C
30 ml olyfolie 1 ui, gesny 2 knoffelhuisies, fyngedruk 300 g gemengde groente 100 g gaar gort 30 ml gekapte vars gemengde kruie 200 g beleë cheddar, gerasper 250 ml suurroom of kaassous
METODE: Verhit die olie in ’n groot pan en soteer die uie en knoffel. Voeg die groente by en roerbraai dit vir vyf minute. Meng die gaar gort, vars kruie en die helfte van die kaas by. Skep die mengsel in ’n gesmeerde oondskottel en gooi die suurroom of kaassous oor. Strooi die res van die gerasperde kaas oor en bak dit in die oond vir 15 minute of tot dit goudbruin is.
Comentarios