Knoffel-en-kaas-pizza
- Rooi Rose
- Feb 28, 2016
- 1 min read

Sit dié krakerige knoffelbrode as ’n aptytwekker voor volgende keer as julle braai.
KNOFFELOLIE
Meng 80 ml (1/3 k) olyfolie met 2 fyngekapte knoffelhuisies 1 basiese pizzadeeg olyfolie om oor te sprinkel 125 ml (½ k) gerasperde parmesaan 250 ml (1 k) gerasperde mozzarella sout en gemaalde swartpeper hand vol Italiaanse pietersielie, gekap
Voorverhit die oond tot 220 °C. Verhit ’n bakplaat in die oond.
1 Verdeel die deeg in 6 balle en rol elk op ’n meelbestrooide werkvlak uit in ’n ovaal van 25 cm. 2 Bak een pizza op ‘n slag op die warm bakplaat en bak vir 5-7 min. tot bros. Haal uit en sprinkel die knoffelolie en kase oor. 3 Sit terug in die oond en bak tot goudbruin. Strooi die pietersielie oor.
Comments