top of page

Tamatiebredie

  • Marianne Jacoby
  • Feb 28, 2016
  • 1 min read

Tamatiebredie vir 'n koue wintersaande

Bestanddele: • 1,2 kg lamsnekskywe • meel • olie • 200 ml rooiwyn • 1 blik tamatiepuree plus ’n blik water • 3 uie, geskil en in wiggies gesny • 2 lourierblare • 2 knoffelhuisies, gekneus • 1 steranyssaad • 1 groen brandrissie, ontpit en gekap • 1 duim vars gemmer, geskil en gerasper • 6 aartappels, geskil, in blokke gesny en net gaar gekook • 6 pruimtamaties, geskil, ontpit en in blokke gesny

Rol die vleis in die meel. Verhit die olie in ’n swaarboomkastrol en verbruin die vleis in sarsies. Dis baie belangrik dat die vleis goed bruin braai. As die laaste sarsie goed verbruin is, voeg ’n glas rooiwyn by en skraap die bodem van die kastrol met ’n houtspaan sodat al die stukkies kan loskook. Sit al die vleis terug in die pot, geur met sout en witpeper en voeg die res van die bestanddele, behalwe die aartappels en pruimtamaties, by. Bring tot kookpunt en draai dan die hitte laer dat die pot net-net prut. Sit die deksel op en vergeet daarvan vir minstens twee uur (drie is beter!). Voeg die gaar aartappels en tamatiestukke by en kook vir nog minstens een tot twee uur met die deksel af. Roer nou en dan om te keer dat dit aanbrand. Sit voor met wit rys.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page