Uietjops
- Deur Huisgenoot Digitaal
- Feb 28, 2016
- 1 min read

GENOEG VIR 2-4 MENSE Bereiding: 20 min. Staantyd: 15 min. Gaarmaaktyd: 15-20 min.
10 ml (2 t) olie 15 ml (1 e) botter 1 ui, in ringe gesny 4-6 lamstjops pas gemaalde swartpeper 10 ml (2 t) steak-en-tjops-speserye 60 ml (¼ k) worcestersous
Verhit die olie en botter in ’n pan en braai die uieringe tot sag en bruin. Laat op kombuispapier dreineer en hou eenkant. Plaas die tjops in ’n glasbak, geur met die peper en speserye en giet die worcestersous oor. Laat 15 minute staan. Braai die tjops op warm kole tot net gaar. Draai gereeld om. Skep die gebraaide uiringe bo-op die tjops en sit voor.
コメント