Worsie & Wraps Platter
- Corne Liebenberg
- Feb 28, 2016
- 1 min read

Jy het nodig:
400g cocktail cheese griller worsies, gaargemaak
6 tortillas
slaaiblare - fyn geskeur
tamatie - in blokkies gesny
1/4 koppie grof gerasperde kaas van jou keuse (ek verkies belee cheddar)
200 gram gerookte koue vleis van jou keuse (ek verkies gerookte kalkoen)
4 agurtjies in klein blokkies gekap
12 piekeluitjies opgesny
Metode:
Meng die slaaiblare, tamatie, kaas, koue vleis, agurtjies en uitjies liggies deur.
Geur liggies met sout en varsgemaakde swartpeper
Vul die tortillas en rol op
Sny elke tortilla in 3 dele, maar moenie reguit sny nie - sny skuins.
Plaas die worsies en tortillas op 'n opdienbord en strooi fyngekapte basielie oor vir garnering
Kommentarer