top of page

✞ ONVOORWAARDELIKE VERTROUE ✞

  • Arcus Pluvius Ministry - Nico Liebenberg
  • Feb 29, 2016
  • 3 min read

. Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U…in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie Psalm 56: 4 & 5 . In 1880 het ’n predikant die Groot Piramide in Egipte besoek en daar geleer wat onvoorwaardelike vertroue beteken. Die Groot Piramide is 5 000 jaar gelede (3 000 jaar vC.) deur die Egiptiese koning Choefoe gebou. Dit is heelwaarskynlik steeds die grootste gebou op aarde. Meer as twee miljoen rotsblokke van 4x4x2½ voet is daarvoor gebruik. Choefoe is moontik dood voordat die piramide voltooi is, want die boonste helfte van die piramide is nie goed afgewerk nie. . Dit is in hierdie boonste deel van die piramide waar die dominee, geleer het wat onvoorwaardelike vertroue beteken. Die predikant het met groot moeite die steil helling na die Groot Gallery toe opgeklim. . Die afwaartse tog, het met ’n gladde, smal lys langs, onder toe gevoer. Die enigste lig was ’n halwe kers wat een van die Arabiese gidse vashou. Hulle kom by ‘n skerp draai om ’n hoek. Die lys sak daar by ’n afgrond ’n paar voet laer af. Dit gaan ’n sprong om die hoek, oor die afgrond, kos om die lys weer te bereik. Juis toe waai die Arabier se kers dood en die dominee staan in die stikdonker op daardie gevaarlike plek. Die gidse stel hom gerus. Hulle sê vir hom, een van hulle gaan met hom op sy rug om die hoek, oor die afgrond, spring en hom op die lys aan die ander kant neersit. Hiervoor is die dominee nie lus nie. . “Laat ek met my een hand op jou skouer en die ander hand aan die rots vashou,” stel hy voor. . “Nee, altwee hande moet op Arabier wees,” antwoord die gids. . “Laat ek self spring en dan help jy my net,” probeer die dominee weer. . “Nee, al jou gewig moet op Arabier wees.” . “Laat ek dan net eers sien waarop staan jy,” skerm die dominee. . “Nee, jy is veilig op Arabier se rug.” . “Ek is swaarder as wat jy dink,” probeer die dominee nog ’n keer. . “Nee, jy is veilig as jy Arabier heeltemaal vertrou.” . Die dominee besef toe, as hy nie in die piramiede wil sterf nie, moet hy die Arabier vertrou. Versigtig klim hy op die Arabier se rug. Sterk arms span om sy bene. Hy voel die beweging van ’n sprong. Toe sit die Arabier hom sag neer en sorg dat sy voete op die smal lys geplant staan. Die kers word weer opgesteek en sonder enige verdere voorval bereik hulle die veilige gelyk grond. In die predikant se hart is dit baie stil. Dit is onvoorwaardelike vertroue dink hy. So moet ’n mens God vertrou. Jou hele gewig moet op God rus. Alles word in sy hande gelaat. God bring die een wat in Hom vertrou oor die skrikwekkendste afgrond, langs die smalste, gladste roete, veilig op vaste, gelyk grond te staan. . “Moenie bang wees nie, Ek verlos jou…As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God…jou Redder” Jes.43:1-3

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page