top of page

AARTAPPELS OP DIE VUUR

  • Jou Wêreld
  • Mar 1, 2016
  • 2 min read

n Meer tradisionele aartappelgebak met preie wat in witwyn gemaak word en spek kan jy nie verkeerd gaan nie.

6 aartappels 50 g spekstukkies 15 ml olie 5 groot preie botter of margarien 50 – 100 ml witwyn sout en varsgemaalde swartpeper 1 – 2 takkies vars roosmaryn Vir die sous 5 ml elk heelkorrelmosterd en aangemaakte Engelse mosterd, of 10 ml van een 5 ml suiker 15 ml witwynasyn of rooiwynasyn 15 ml olyfolie

Skil en sny aartappels in blokkies van ongeveer 1.5 cm. Kook vir 10 minute en dreineer. Hou eenkant. Plaas ‘n foeliepan op die vuur om alles op die vuur te maak, of kry ‘n oondvaste braaipan uit as jy dit in die oond gaan sit. Braai die spekstukkies in ‘n bietjie olie tot goudbruin en bros. Terwyl die spek braai, sny die preie oor die skuinste in dun skyfies. Gooi in ‘n bak met water en skommel goed om van enige vuiligheid ontslae te raak. Verwyder die spek van die pan en gooi die preie in. Gooi ook 2 – 3 klontjies botter by en nog olie indien nodig. Gooi ook twee skeute wyn by. Roer die preie voortdurend en wanneer die wyn wegkook gooi nog bietjie by. Voeg sout en peper by. Die preie moet so braai-kook totdat dit heeltemal sag is. Dan verwyder jy die preie en hou dit saam met die spek eenkant. Gooi nou die aartappels in die pan – en plaas in ‘n voorverhitte oond van 220 °C as jy dit nie op die vuur maak nie. Voeg olie by om in te braai. Sprinkel met roosmaryn. Wanneer die aartappels begin verbruin gooi die spek en preie terug. Meng die sousbestanddele goed saam en gooi dit oor die aartappels in die pan net voor opdiening.Jou Wêreld

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page