Appeltert op die vuur
- Poplap se Lekkerbek resepte
- Mar 1, 2016
- 1 min read

Hier is ‘n heerlike resep vir almal wat lief is om te gaan kamp en lus is vir ietsie soets.
Bestandele - ½ kop gewone hawermout - 6 eetlepels meel - 3 eetlepels bruinsuiker - ¼ koppe gegranuleerde (castor) suiker - ¼ teelpel kaneel - knippie neutmuskaat - 2 teelepel botter, nog n bietjie vir foelie - 3 appels (Fiji) - ‘n paar druppels suurlemoensap
Metode Meng die hawermout, meel, suikers, kaneel en neutmuskaat saam. Sny die botter in todat die mengsel krummels maak. Sit dit in die yskas en begin die appels voorberei. Was die appels en maak hulle droog. Sny die appels in skywe,meng dit in ‘n bak met suurlemoensap. Sny 2 stukke foelie (omtrent ‘n voet elk) en botter elkeen in die middel. Plaas die appels in die middel en gooi die hawermoutmengsel oor. Plaas ander een bo op(botter in die middel) en vou die randjies om (omtrent 1 cm). Maak seker dis mooi geseël. Vou die hele pakkie in nog ‘n stuk foelie om seker te maak dat dit kan brand nie. Plaas dit op die rooster (Op medium hitte – 180 grade) vir 20 min. Laat dit afkoel vir ‘n paar minute. Wees versigtig- die inhoud is baie warm. Sit voor met roomys of room.
Comentários