top of page

Gemmerkoekies Goed Ge-Gemmer

  • Marianne Jacoby
  • Feb 29, 2016
  • 2 min read

2 1/4 koppies koekmeelblom 5 ml koeksoda 10 ml fyn kaneel 5 ml fyn naeltjies 2,5 ml neutmuskaat (ek rasper myne vars) 2,5 ml fyn gemmer varsgemaalde peper 15 ml vars fyngerasperde gemmer 3/4 koppie ingelegde of gekristalliseerde gemmer in stukkies gesny 1 ml sout 250 ml bruinsuiker 62,5 ml sonneblomolie 1/3 koppie swaelvrye molasse 1 ekstra-groot eier Gewone witsuiker, vir rol

Verhit die oond tot 180 °C. Voer 2 bakplate met bakpapier uit.

Meng die meel, koeksoda, kaneel, naeltjies, gemmer, sout en peper goed saam in ‘n mengbak. In ‘n aparte mengbak klits die bruinsuiker, olie en molasse vir sowat 5 minute. (Gebruik ‘n elektriese klitser) Verlaag die spoed en voeg die eier by. Klits nog 1 minuut. Skraap die kante van die bak skoon met ‘n spatula en klits nog ‘n minuut. Voeg nou die droë bestanddele bietjie vir bietjie by terwyl die menger loop en klits nog 2 minute. Voeg die gekristalliseerde gemmer en die vars gemmer by. Meng deur. Gebruik ‘n roomysskepper om bolletjies deeg te skep. Vorm ronde bolletjies met die hand en druk die koekies effens plat. Rol die koekies aan albei kante in witsuiker, plaas op die bakplaat. Op hierdie punt kan jy die deeg sowat 25 minute in die yskas plaas, wat die koekies nog meer sal laat kraak as dit gebak word.

Bak 14 – 16 minute. Roteer die panne halfpad deur die baktyd. Die koekies sal krakerig bo-op lyk. Dis baie sag as dit uit die oond kom, maar die buitekant sal bros raak wanneer dit afkoel. Laat sowat 2 minute in die pan staan en plaas dan op die afkoelrak.

My behoorlik-gegemmerde gemmerkoekies duidelik tuisgemaak *Laat die koekies behoorlik afkoel voor dit in lugdigte houer gepak word.

*As die koekies darem vir jou net te gemmerig is, los die vars gemmer en die gekristalliseerde gemmer uit.

*As jy die hitte verder wil opjaag, vermeerder die gemmer (fyn en vars) en voeg ook 2.5 ml mosterpoeier by.

*Vir ‘n heerlike grootmens-bederf, bedien die gemmerkoekies met camembert- of brie. Dis ook lekker met lemoenkonserf en ‘n glasie potketelbrandewyn.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page