Spareribs, tjips en uieringe
- The Rainbow Team
- Mar 1, 2016
- 2 min read

Vir die sparerib:
12 spare ribs. Vra jou slagter vir ribbetjies met baie vleis aan.
1 groot pot kookwater met 'n halwe koppie wit asyn en twee lourierblare in.
Kook die ribbetjies in die water vir 20 minute, verwyder uit die water en laat droog word en afkoel.
Vir die marinade: 2 eetlepels olyfolie 1 groot ui fyngesny 2x400g blikke gekapte tamatie 3 knoffelhuisies fyngedruk 1 teelepel tobasco 50 gram muscovado of sagte bruin suiker 4 eetlepels malt asyn 3 eetlepels worcestire sous 1 eetlepel tamatie pasta 2 eetlepels chinese five spice 1 teelepel fyn cumin Seesout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Soteer die uie tot glasig en sag.
Roer die res van die bestanddele by in.
Prut vir 30 minute of totdat die sous begin verdik en laat afkoel.
Moenie die sous oor die ribbetjies gooi voordat jy dit braai nie.
Sous wat oorbly kan in die yskas bewaar word.
Braai die ribbetjies oor gas / kole vir 10-15 minute, afhangende van die dikte.
Verf gedurende die braaiproses met die marinade.
Draai gereeld en wees versigtig dat die marinade nie brand nie.
Slaptjips:
Sny jou aartappels in chips Was af onder koue water Droog goed af Braai in warm olie tot net sag Haal uit en dreineer op kombuispapier. Laat vinnig afkoel en bak weer in die warm olie tot ligbruin. Gooi sout oor en bedien.
Uieringe:
Sny jou uie lekker fyn in ringe.
Laat week die uie vir ten minste 2 tot 4ure in Sprite koeldrank.
In n sakkie meng meel en bbq spice.
Skud die ergste koeldrank af en gooi die uie in die sakkie meel.
Skud goed.
Haal die uie uit en skud al die oortollige meel af en braai in diep olie.
Comments