top of page

Steak op die kole

  • Bron: Rooi Rose
  • Mar 1, 2016
  • 2 min read

Genoeg vir 4 steaks

Olie dit

Spek-en-knoffel-olie

• 500 g repiesspek • 2 knoffelhuisies, fyn gekap

1 Verhit ’n swaarboompan oor lae hitte. 2 Braai die spek ’n klompie op ’n slag tot al die vet uitgebraai is en die spek krakerig is. Haal uit. 3 Voeg die knoffel by die olie en braai vir 2 min. daar in. 4 Kap die helfte van die spek ruweg (eet die res) en voeg weer by die olie. 5 Laat afkoel en marineer die vleis vir 1 uur in die olie. 6 Braai die steak oor warm kole en verf deurentyd met die spekolie. 7 Geur met sout en gemaalde swartpeper.

Vryf dit in

Koffieboonsout

• 60 ml (¼ k) koffiebone, fyn gemaal • 60 ml (¼ k) bruinsuiker • 20 ml paprika • 30 ml (2 e) seesoutvlokkies • gerasperde skil van 1 suurlemoen

1 Meng alles en vryf in die steak in voor jy braai.

Smeer dit

Whiskysmeer

• 30 ml (2 e) melasse • 45 ml (3 e) whisky • 10 ml (2 t) gerookte paprika (te kry by supermarkte of spesialiteitsdeli’s) • 30 ml (2 e) tamatiepuree • 60 ml (¼ k) tamatiesous • 30 ml (2 e) suurlemoensap

1 Meng alles en verf oor die steak terwyl jy braai.

Doen die salsa

Chimichurri-sous

• 250 ml kersietamaties, fyn gekap • 1 rooi-ui, fyn gekap • 3 knoffelhuisies, fyn gekap • handjie vol pietersielie, fyn gekap • 5 ml (1 t) gedroogde orego • 5 ml (1 t) rooipeper • 5 ml (1 t) paprika • 5 ml (1 t) komyn • 1 lourierblaar, fyn gekap • 80 ml (? k) olyfolie • 60 ml (¼ k) rooiwynasyn

1 Meng alles en sit met die steak voor.

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page