TEMPURA DEEG
- Amke Fourie
- Feb 29, 2016
- 1 min read

200 g koekmeel
100 g mielieblom
yskoue sodawater
sonneblomolie vir diepbraai
MAAK EERS DIE DEEG:
Meng die koekmeel en mielieblom met genoeg sodawater tot 'n gladde beslag. Moenie te veel meng nie. Dit moet omtrent so dik soos jogurt wees.
*WENK - Maak deeg in metaalbak wat oor ys baie koud gehou word! Doop elke stukkie groente en seekos afsonderlik in die tempuradeeg en bak tot die deeg liggoud van kleur is. Dreineer op kombuispapier
Yorumlar