TUNA KOEKIES
- Amke Fourie
- Feb 29, 2016
- 1 min read

2 x blikkies tuna
60 g gouda
115 g spinasie
50 g uie
15 ml olyf olie
2,5 ml knoffelsout
5 ml gemengde kruie
1 eier
30 ml olyf olie
Dreineer tuna en plaas in 'n mengbak. Rasper kaas en gooi by tuna. Kap spinasie en uie baie fyn. Soteer uie en spinasie in olie tot sag. Voeg die sout en kruie by. Voeg uie en spinasie by tuna en voeg eier by. Meng deeglik. Verhit 30ml olyf olie. Skep lepels vol van die mengsel in die olie en braai vir 10min tot goudbruin, draai om en braai vir nog 10min.
Comentários