BROKKOLI EN SPINASIE GEBAK
- Marianne Jacoby
- Mar 2, 2016
- 1 min read

500 gr spinasie 500 gr broccoli – gaar gestoom 1 uie – fyn gekap 5ml knoffel Sout, peper 5 m oreganum Oxo blokkie 7 eiers 250ml melk
1 houertjie cream cheese – ek her roasted peppers gebruik Oond op 180 grade, spray en cook n oondbak. Braai fyngekapte uie en knoffel in bietjie margarine tot kleur verander. Voeg fyn gesnipperde spinasie by met bietjie melk en die oxo blokkie Kook so vir 10min. Stoom broccoli gaar met klein bietjie sout. Gooi spinasie in bak en broccoli bo op. Gooi oreganum bo oor en vars gemaalde swart peper. Meng liggies in bak. Klits eiers, melk en cream cheese saam met bietjie sout. Gooi oor die groente. (maak seker groente is bedek) Bak in oond vir 35 – 45 minute. Afhangende hoe diep jou bak is. Eier mengsel moet gestol wees.
Comments