Jelly Tots Rosies
- The Rainbow Team
- Mar 2, 2016
- 1 min read

Jy benodig:
suigstokkiestokkies
strooisuiker
jelly tots
Metode:
Strooi 'n teelepel strooisuiker op 'n gladde werksoppervlakte soos 'n marmer of granietblad.
Neem 1 jelly tot en druk dit goed plat op die strooisuiker.
Druk en rek die jelly tot in 'n lang strokie in.
Rol die strokie op om die kelk van die rosie te vorm soos op die derde prentjie.
Druk nog 'n jelly tot plat, verdeel en vorm blaartjies.
Vorm die blaartjies rondkom die kelk van die rosie.
Maak jou rosie so groot soos jy verkies.
Druk elke nuwe blaartjie stewig aan die voriges vas.
Vorm 'n groen jelly tot in blaartjies en rond die onderpunt van die rosie daarmee af.
Druk 'n suigstokkiestokkie in die gevormde rosie.
Vul 'n glas met strooisuiker en druk die rosies op stokkies daarin.
Comments