RIBS
- Leoni Zimmerman
- Mar 2, 2016
- 2 min read

125 ml tamatiesous 125 ml Mrs Balls gewone chutney 50 ml mayonnaise 50 ml lemoensap 50 ml appelkooskonfyt 50 ml sojasous 40 ml heuning
3 knoffel huisies opgekap (ek gebruik sommer 1 eetlepel van daai klaar gekoopte opgekapte potjies knoffel) 5 ml Bovrol of Marmite of Oxo 10 ml droë mosterd
Mikrogolf eers die konfyt en die Marmite saam vir 'n paar sekondes anders meng dit baie moeilik met die ander bestanddele. Meng al die bestanddele saam en hou een kant.
1. Koop ‘n vark rib en sny die vel en ergste vet af, behou die dik laag vleis aan. (Daai ou gerookte beentjies met die flentertjies vleis tussenin, is 'n sonde. Koop 'n regte stuk vark rib) 2. Sit 'n ui wat in ringe gesny is in 'n bak. Sit die rib bo op die uieringe, maak die bak toe en bak die rib met bietjie sout en peper op tot amper sag maar nog ferm, in die oond by 180°C. Dit vat ongeveer 1 uur. 3. Haal uit en sny in porsies. Dis baie smaakliker as die ribs opgesny word voor dit gebraai word dat elke stukkie marinade op kry as wat die rib heel gebraai word. 4. Smeer van die sous oor terwyl dit oop braai in die oond by 200°C of braai dit oor die kole. (Braai oor die kole is natuurlik die lekkerste. Die beste resultate word verkry deur die ribs heeltyd te draai en te smeer en bietjie te braai, te draai en te smeer ens. Hoe meer jy die ribs 'babysit' en daai bietjie moeite doen, hoe lekkerder is dit. Vuur moet ook nie te warm wees nie anders brand die marinade en hulle moet omtrent vir 30 minute na 1 uur op die vuur wees) 5. Behou bietjie van die sous en smeer oor net voor jy dit van die kole afhaal.
Comentarios