Spore van hoop
- Rinkink met Woord & Melodie - Driekie Grobler
- Mar 2, 2016
- 1 min read
Afgeleef en uitgetrap skoene wat ver kan stap; harde pad, smartpad, gladde pad en hobbelpad, maar nooit word die sool deurgetrap, want genade, onbeperk, kom telkens die dunword met liefde en deernis versterk; vir elkeen is dit beskoor om daaglik te kan loop op die genadepad in spore van hoop.
©Driekie Grobler 20/2/2016
コメント