Balke saag
- Mar 3, 2016
- 1 min read

Nagtelike simfonie
van valse kakofonie
wat aan nerwe knaag
my kosbare slaap vertraag
eers sag en diep
met hier en daar ‘n kort piep
dan bou momentum op
tot in crescendo stop!
Roggel..s..u..g…snak…
grrrr..snak..snorrr…
snak..snak…sjuuuu…
soos skurwe hout wat oor sinkplaat hark
waag net om aan die bron te stoot
dan rol klanke skoon oorboord.
Niks wat regtig help
het als probeer behalwe ‘n speld
maar kry dit nie oor my hart
om my dierbaarste só te vergeld.
My slaap is traag
‘n kooltjie onder die kraag
as manlief op sy rug lê
en snags so balke saag!
©Driekie Grobler























































Comments