Amper-bobotie
- tuis.co.za
- Mar 4, 2016
- 1 min read

Genoeg vir: 4 • Bereidingstyd: 20 minute Gaarmaaktyd: 40 minute • Oondtemperatuur: 180 °C • 1 ui, gekap • 15 ml olie • 250 g maalvleis • 15 ml matige kerriepoeier • 1 blik lensies, gespoel en gedreineer • 1 blik gekapte tamaties • 100 g gemengde neute, gekap • 4 eiers, geklits • 125 ml melk • 6 suurlemoen- of lourierblare 1 Braai die ui tot glansend in die olie. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin – breek die vleis deurgaans op met ’n spaan. Voeg die kerrie by en braai nog twee minute. Voeg nou die lensies en tamaties by en laat prut vir 10 minute. Geur met sout en peper. 2 Voorverhit die oond. Roer die neute by die maalvleis en skep dit in ’n oondbak. Klits die eier en melk saam en giet dit bo-oor. Sit die suurlemoen- of lourierblare in die vla, sprinkel met sout en peper en bak vir 20 minute of tot die eierlaag goudbruin is.
Comentarios