Biltongpotjie
- Johan van Rooyen
- Mar 4, 2016
- 1 min read
Bestandele:
1kg biltong
1 pak macaroni (of noedels)
5 pakkies sampioene
1 sakkie koring
5 groot uie
600 tot 700gm kaas
2 glasies room
(Johan se wenk: Hoe meer biltong, kaas, uie of sampioene jy gebruik, hoe lekkerder)
Metode:
Kook macaroni en koring in water tot reg.
Sny uie en sampioene in stukke en braai in platboompot tot gaar.
Rasper kaas.
Pakin lae in potjie. Begin met die uie, dan sampioene, koring, macaroni en eindig met die kaas. Herhaal hierdie 2 of 3 keer tot pot amper vol is. Gooidie room heel laaste oor. Al die bestanddele is vooraf gekook so laat die pot net goed warm word oor 'n stadige vuur. Sodra dieboonste kaas gesmelt het, is die potjie reg om te eet.
Johan doen dit in 'n nommer3 potjie en reken dis genoeg vir 12 mense.
Dit klink vingeraflek lekker.
Ek reken as 'n mens nog jou honger so'n ekstra 30 minute in toom kan hou, dan kan jy bo-op voor jy die kaas gooi, nog 'n bietjie kleurvolle groente ook bysit.
Comments