Die hart van 'n ma
- Driekie Grobler
- Mar 4, 2016
- 1 min read

Die hart van ‘n ma
kan ontsaglik pyn verdra
so min terug
in ruil daarvoor vra
soos ‘n moederhen
haar kuikens skaar
getrou beskerm
teen dreigende gevaar
geen moeite ooit te veel
nooit te suinig om wat sy het, te deel
as trooster en opvoeder
altyd gewillig, net die beste te reël
Die hart van ‘n ma
kan soveel verdra
haar liefde is onbeperk
en sy doen alles
sonder mor of kla.
©Driekie Grobler
コメント