HOENDER BOBOTIE
- Divas Smulhoekie
- Mar 4, 2016
- 1 min read

JY HET NODIG: 1 hoender, gekook en ontbeen 50 ml sultanas 2 uie, fyn gekap 250 ml mayonnaise 20 ml fyn appelkoos konfyt 10 ml suurlemoensap 1 pakkie hoenderroomsop 15 - 20 ml kerrie poeier 250 ml melk 3 ml gemengde kruie 2 eiers, geklits sout en peper na smaak METODE: Voorverhit oond tot 180 grade. Meng die hoender, sultanas en die uie. Gooi dit in 'n oondvastebak. Meng die oorblywende bestanddele, behalwe eiers, saam en gooi dit oor die hoender mengsel. Meng alles lig saam met n vurk. Daarna die eiers. Bak dit vir 40 tot 45 minute lank.
Comentarios