KARAMEL EN PIESANG POEDING
- Vrouekeur
- Mar 3, 2016
- 1 min read

Klits vinnig ’n paar bestanddele bymekaar vir ’n heerlike koue poeding
8 porsies
365 g (1 blik) karamelkondensmelk 500 ml (2 k) room 10 ml (2 t) versiersuiker, gesif 5 ml (1 t) vanieljegeursel 12 gekoopte meringues, grofgebreek 3 piesangs, geskil en in skyfies gesny
1. Skep karamelkondensmelk in mengbak en roer tot glad. 2. Klits room tot styf saam met versiersuiker en vanieljegeursel. 3. Vou ¾ van styfgeklitste room by karamelkondensmelk. 4. Skep bietjies karamelmengsel onder in 8 glasies/bakkies. Plaas piesangskyfies en gebreekte meringues bo-op karamelmengsel. 5. Skep oorblywende karamelmengsel bo-op. 6. Skep oorblywende room bo-op en rond af soos verkies, byvoorbeeld met vars bessies of neute.
**Sit dadelik voor.
Comentarios