Kerrie Herderspastei
- Rooi Rose
- Mar 4, 2016
- 1 min read

Genoeg vir 4 Vir die bolaag: 1 patat, geskil en in blokke gesny 2 aartappels, geskil en in blokke gesny 250 g botterskorsie, blokke 5 ml (1 t) neutmuskaat 5 ml (1 t) fyn kaneel 60 ml (¼ k) botter Vir die vulsel: 30 ml (2 e) olyfolie 2 uie, gekap 1 seldery, fyn gesny 2 wortels, fyn gerasper 5 ml (1 t) gekapte knoffel 500 g maer beesmaalvleis 30 ml (2 e) tandoori- kerriemengsel (ons gebruik Nomu s’n) 10 ml (2 t) borrie 2 lourierblare 125 ml (½ k) beesaftreksel sout en gemaalde swartpeper Voorverhit die oond tot 220 °C. 1. Maak die bo-laag: Kook die patat, aartappel en botterskorsie in gesoute water tot sag. Dreineer en druk fyn met `n vurk. 2. Maak die vulsel: Sprinkel die neutmuskaat en kaneel by en roer die botter by. Hou eenkant. 3. Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte en braai die uie, seldery, wortel en knoffel daarin tot sag. 4. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar en bruin. Voeg die kerriemengsel, borrie en lourierblare by. Braai vir nog 1 min. 5. Gooi die aftreksel by en prut vir 15-20 min. Geur na smaak. Skep in oondvaste bakkies. 6. Skep die bo-laag op die maalvleis in die oondvaste bakkies. Bak vir 10 min. tot goudbruin.
Comments