top of page

Kook ’n Jellie-Marmelade

  • Marianne Jacoby
  • Mar 4, 2016
  • 2 min read

Kook ’n Jellie-Marmelade Maak: 3-4 flesse Bereidingstyd: 1 uur, plus staantyd Gaarmaaktyd: 1 uur 45 minute • 6 vars suurlemoene wat nog nie heeltemal ryp is nie • 4 vars lemoene • suiker

Let wel Gebruik suurlemoene wat jy vars gepluk het en nog nie heeltemal ryp is nie. Suurlemoene wat nie vars is nie en in ’n koelkamer was of oorryp is, sal nie genoeg pektien bevat nie. 1. Skil een lemoen en probeer so min as moontlik van die wit vlies afsny. Sny die skil in dun repies. Of sny die skil met die gleufmes van ’n sitrusskiller af. Draai die repies in ’n klein bondeltjie in ’n stukkie moeselien of kaasdoek toe. 2. Sny die res van die vrugte in dun snytjies op en haal al die pitte uit. Sit die pitte in ’n klein bakkie met water en laat dit vir twee uur daarin lê. 3. Meet die vrugte per koppie af en gebruik 300 ml water vir elke koppie vrugte. Gooi als in ’n groot glas- of keramiekbak – moenie ’n metaalbak gebruik nie. Gooi die water waarin die pitte gelê het by die vrugte, maar gooi die pitte weg. Laat week vir 24 uur. 4. Gooi die vrugte en water oor in ’n groot kastrol en verhit dit tot kookpunt. Sit die sakkie met die skilletjies in die kastrol. Verlaag die hitte en laat prut vir 1 1/2 uur tot die vrugte sag, maar nog ferm is. 5. Haal die kastrol van die plaat af, haal die sakkie met die skille uit en sit dit eers eenkant neer. Gooi die vrugtemengsel deur ’n baie fyn stuk kaasdoek. Laat die vloeistof vanself deurloop – moenie die vrugte druk nie, want dit sal die jellie melkerig maak. 6. Meet die sap wat deurgesyfer het af. Doen die pektientoets (sien hier onder) om uit te werk hoeveel suiker jy moet gebruik. Meet die suiker af en gooi dit in ’n mikrogolfbak. Mikrogolf dit vir ’n paar minute en gooi dit oor in ’n groot kastrol. Gooi die sap by. 7. Roer die mengsel oor ’n lae hitte tot die suiker opgelos het. Sit die plaat hoër en laat dit vir 7-15 minute stadig kook, tot dit jelliestadium bereik (sien hier onder). Gooi in gesteriliseerde flesse. Maak die skil warm en sit ’n paar stukkies in elke fles. Seël en laat afkoel. Pektientoets.... Gooi 5 ml van die sap wat deurgesyfer het in ’n klein bakkie. Laat dit effens afkoel. Voeg 10 ml brandspiritus by. Kantel die bak al in die rondte sodat die twee vloeistowwe met mekaar kan meng. Laat staan vir een minuut en kyk wat gebeur: • As een bolletjie jellie vorm, gebruik jy 250 ml suiker vir elke 250 ml sap. • As daar twee bolletjies vorm, gebruik jy 200 ml suiker per 250 ml sap. • As ’n klomp klein bolletjies vorm, moet jy ekstra pektien byvoeg, of prut die vloeistof sodat dit verder kan inkook en toets dit dan weer. Jelliestadium.... Skep ’n bietjie van die warm vloeistof uit die kastrol in ’n piering wat in die yskas was. As dit ’n velletjie vorm en plooitjies maak as jy met jou vinger daarteen druk, is dit reg. Laat die vloeistof kook tot dit dié stadium bereik.

Comments


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page