Nostalgie
- Driekie Grobler
- Mar 4, 2016
- 1 min read

In die soel stilte van skemeraand
sak verlange slapvlerk
oor hartsdenke –
mymer nostalgie
se hartseer klank,
diep verby
skanse wat stu.
‘n Verlange van stil verleë,
wat soetklank meng
met bittertraan
se pyn-tevreë –
rimpels kring
uit diepste binnesug,
na more se
hoopvol weë.
©Driekie Grobler
Comentarios