Ego en Alter
- Rinkink met Woord en Melodie - Driekie Grobler
- Mar 5, 2016
- 1 min read

Soos ek dit verstaan,
is daar in elkeen
van ons
‘n hen en ‘n haan.
‘n Daaglikse geveg,
wat soms
die vere laat waai,
oor wie nou eintlik
koning moet kraai.
Wat ek wil,
die doen ek nie,
en
wat ek doen,
dié wil ek nie -
die ewige stryd
tussen moet
en
moenie…
Wie dan wen
maak nie saak,
wat belangrik is,
is dat die twee
vrede moet maak.
Want wie ek is
en wat ek wil wees
word tog bepaal
d
eur God se Gees.
©Driekie Grobler
Comentarios