Elma se vleisbeskuit (Frikkadel in deeg gebak)
- Tjailatyd RSG
- Mar 4, 2016
- 1 min read

BESTANDDELE 500g maalvleis 1 eier ¼ groenrissie, opgekap 1 knoffelhuisie, fyngemaak 1 ui, gerasper ½ koppie meelblom 1 teelepel bakpoeier sout en peper brooddeeg
METODE Meng al die bestanddele saam (behalwe die brooddeeg) - sit 'n bietjie warm water by as dit te droog is. Rol dit in balletjies. Vou die deeg om elke frikkadel. Plaas die balletjies in broodpan soos mosbolletjies langs mekaar. Bak teen 180 grade vir 30 minute.
Comments