top of page

GESMOORDE KOOLROLLETJIES

  • Rooi Rose
  • Mar 5, 2016
  • 1 min read

n Resep vir gesmoorde koolrolletjies, kom uit ‘n ou Rooi Rose bylae van 1981, onder die opskrif “Uit grootjie se groentetuin”. Daar staan dat die resep afkomstig is uit ‘n resepteboek van 1916 – destyds ‘n gewilde Kaapse lekkerny.

BENODIG: 1 middelslag kool 500g maalvleis (bees of gemeng met vark /skaap en ek verkies dat dit nie te maer moet wees) 1 dik sny witbrood Sout en peper na smaak 1 heel neut gerasper (*Ek verkies gewoonlik effens minder neut as die oorspronklike resep en voeg graag 1t fyn koljander by) 1 middelslag ui 200ml koue water 1Etl droë broodkrummels 2 foelieblare, fyngestamp Sap van 1 suurlemoen 1 Etl botter

MAAK SO: Plaas kool in diep kastrol en gooi genoeg kookwater oor om te bedek. Plaas eenkant tot afgekoel. Dreineer. Meng maalvleis, brood wat geweek en al die water weer uitgedruk is, sout en peper en neut (koljander as verkies). Plaas uieskywe en koue water in diep pan en verhit tot kookpunt (Ek verkies om die uie in ‘n bietjie botter te braai, maar nou ja, jy maak soos dit lekker is). Breek koolblare een vir een af en plaas ongeveer 15ml van maalvleismengsel daarin en draai toe. Steek vas met tandestokkies. Plaas die koolbondeltjies bo-op uie in pan. Sprinkel broodkrummels en foelie oor, sit deksel op pan en prut vir ongeveer 1 uur. Voeg suurlemoensap en botter 5 minute voor einde van kooktyd by. Bedien saam met rys en blatjang.

Comentários


RSS Feed

NOU BESKIKBAAR!

Kruie van Toeka tot Nou - DIE BOEK deur Dr. Chris Pitzer is NOU beskikbaar!

Prys: R399 / boek

Koerierkoste in SA: R80

 

Rainbow Gospel Radio

Rainbow Gospel Radio is the Mission Radio for the World.

We currently have listeners in 180 countries around the globe.

Rainbow Gospel Radio broadcasts via the internet and has no demographic restrictions.

Click on the link to tune into Rainbow Gospel Radio.

Why braai alone when you can have fun with family and friends?

Sponsor an Hour

Rainbow Gospel Radio invites you to sponsor an hour and invest in missionary work worldwide. Your contribution will help to spread the Word of God around the globe.

Yummy

Yummy is Rainbow Gospel Radio's recipe group on Facebook.We have more than 15 000 delicious recipes on our blog and if you need a recipe, you can just post in Yummy and admin will gladly provide the link. If we don't have the recipe you are searching for, we will find it for you!

 

The Rainbow Story

A vision from God became a reality....

 

Click on the link to read the Rainbow Story, which includes Nico Liebenberg's testimony and illustrates the amazing grace of our Heavenly Father.

Please reload

New on the Blog

bottom of page